top of page

Gedigte

hoe slaap jy ben van beurden

               aan die hoof uitvoerende bestuurder van Royal Dutch Shell

               namens die seelewe en waters van die Wildekus

​

hoe slaap jy

ben van beurden

hoe slaap jy in die haag

met die beuels van sterwende

walvisse wat deur jou drome 

blaas hoe kussing

jy jou ore ben van beurden

teen die heroute van water

se priemende krete hoe voering

jy met glansbrokaat en digte fluweel

die aanslag van desibels die kolkende

skeurende nagolwe van angs die

uitmekaarruk van nietige

ongewerweldes van hompe walvis

van buike en vinne van dolfyne

die ontploffing van hoormembrane

wat oor duisende seemyle

tyd en plek en oorlewing moes navigeer

die klikke die gromme die polse die klappe

van onderwatertaal

​

hoe slaap jy ben

​

hoe slaap jy in die koninklike 

nederlandse shell in die arms

van neokolonialisme jou olie

bedruip die handpalms

van gwede en trawante jou mond

blink by die feesmaal van konings-

garnale en kreef

​

hoe slaap jy ben van beurden

​

hoe slaap jy hoe vou jy

jou kinders toe

hoe sus jy jou kleinkinders

hoe lees jy vir hulle stories

oor die aarde wat eens

mooi was en heel

voor jou 

​

hoe slaap jy

​

hoe sit jy aan

by jou tafel

ben van beurden

met die liggaampies

van jou kinders netjies

in voorarmpies en boudjies

in magies en dytjies opgesny

verbros in 'n sousie

​

dis immers jy

ben van beurden 

wat die brood breek

wat eet

​

(c) Susan Smith 

​

Luister/Listen
00:00 / 04:16

how do you sleep ben van beurden

                 to the executive CEO of Royal Dutch Shell

                 on behalf of the sea creatures and waters  of the Wild Coast

​

​

how do you sleep

ben van beurden

how do you sleep in the hague

with the cries of dying

whales blowing through your dreams

how do you cushion

your ears ben van beurden

against the piercing cries

of water's heralds how do you hem

with glistening brocade and thick velvet

the onslaught of decibels the whorling

broken aftershocks of anxiety the

desiccation of the smallest

invertebrates of chunks

of whale of wombs of dolphins

the explosion of tympanic membranes

that navigated survival

across thousands of nautical miles

the clicks and growls the pulses and the snaps

of subaquatic tongues

​

how do you sleep ben

​

in the arms of neocolonialism

your oil basting the palms

of gwede and his cronies your mouth

glistening from the feast of giant

shrimp and lobster

​

how do you sleep ben van beurden

​

how do you sleep how do you tuck

your children in at night

how do you comfort your grandchildren

how do you read them stories

about the earth that was beautiful

once upon a time and whole

before you

​

how do you sleep

​

how do you sit

at your table

ben van beurden

with the bodies 

of your children neatly

carved into forearms and rounds

thighs and silverside

doused in a delicate gravy

​

it is after all you

ben van beurden

who breaks the bread

who eats

​

               Translation by Peter Midgley

Rattle 
(Online literary magazine)
PEN Afrikaans : Klimaatsdigters
Susan Smith en Els de Groen

dit is jou hand

            Your hand is a warm stone

            I hold between two words - Margaret Atwood 

​

dit is hoe jy begin het

jou asem 'n paar uur oud:

dit is jou hand

hier is my hande

wat om joune vou

dit is jou mond

hier is myne

wat op die deursigtige skulpe

van jou vingernaels soene druk

jy het vyf vingers aan elke hand

ek het hulle afgetel

en elkeen in 'n bidrympie vasgestring

​

as jy eendag die woorde hiervoor geleer het

sal jy weet:

woorde is nooit genoeg nie

woorde is nooit klaar nie

jou hand is 'n warm klippie

wat ek tussen my woorde hou

 

​

(c) Susan Smith 

Uit: in die afwesigheid van sin. 2012. Protea Boekhuis.

meisie met vis

met die gewig van lig

so swaar op haar vel

hoe moeilik vir haar oë 

om oop te bly bo water 

​

hoe moeilik

die kristalliserende sout

in die visnet van hare

die ontkleding een-een

van iridiserende skubbe

​

hoe moeilik 

die verskriklike asem

deur kieue se angstige blaaie

​

vir laas daag die argief

van oorbeentjie se jaarringe

die klankgeheue uit

​

voor die perel van die oog

tot oog

verskrik 

uitdoof

​

​

(c) Susan Smith 

Uit: die aarde is 'n eierblou ark. Protea Boekhuis 2016.

voëls  van neruda


iets van jou woorde
het verlore geraak
iets het gebly:
die uur van voëls
die uur van klip

 

afstand bied ’n wyer blik
die arktiese stormvoël
wat met akkurate wete jaarliks
tot negentigduisend kilometer reis
sy donker oë gestaal
teen die onmoontlike saffier van lug
word tot relikwie gepreserveer:

 

hy trek nie meer nie
hy bly hier

 

tyd is ’n spoelkloof     oopgesny
deur die silwer lem van water déúr ys
twee grade C verskil

 

 

(c)Susan Smith. Uit: Die aarde is 'n eierblou ark, Protea Boekhuis, 2012.

 

  
bottom of page