top of page

Digbundels

Die aarde is 'n eierblou ark

​

​

Earth is not just the round sphere in its entirety but also – first and foremost – the humble ground beneath our feet, the winds gusting around us, and the local waters flowing through us.

 

Dít is die gedagtegoed wat Smith by wyse van die poëtiese woord laat uitdy. Haar aanbod wissel van direk en eenvoudig tot barok, van beskrywing en personifiëring tot vereenselwiging, en word onderbou deur wetenskaplikheid en belesenheid oor natuurverwante onderwerpe. Danksy die wye verwysingsveld, soos dit ook in die werk van T.T. Cloete en Johann Lodewyk Marais beslag kry wanneer hulle elk op hul eie manier “met die aarde praat”, of saam met ander digters “ons klein en silwerige planeet” in oënskou neem, lewer Smith se bundel hoogs interessante en verrassende poësie op. Uit ʼn vers getiteld “Die voëls van Neruda”, ʼn inspeling op die groot Chileense digter se “Bird”, word Smith se tweede strofe aangehaal:

​

afstand bied ʼn wyer blik

die arktiese stormvoël

wat met akkurate wete jaarliks

tot negentigduisend kilometer reis

sy donker oë gestaal

teen die onmoontlike saffier van lig

word tot relikwie gepreserveer:[.]

 

(Aangehaal uit die resensie van Zandra Bezuidenhout op Versindaba)

​

Uitgewer: Protea Boekhuis

​

​

​

RESENSIES EN ONDERHOUDE

​

Versindaba-onderhoud met Gisela Ullyatt

Versindaba-resensie (Zandra Bezuidenhout)

Rapport-resensie (Joan Hambidge) (Woorde wat weeg)

LitNet-resensie (Reinhardt Fourie)

Burger/Beeld/Volksblad-resensie (Neil Cocharane)

Versindaba-digstring

Susan Smith, In die afwesigheid van sin, Afrikaans, Gedigte, Poësie

In die afwesigheid van sin

​

​

In haar debuutdigbundel bied Susan Smith ’n vroulike perspektief op die rol wat taal in die lewe van “’n onbelangrike mens” speel. Hierdie besinnings word egter nie in abstrakte terme oorgedra nie, maar word gedra deur verse oor die band tussen familielede, die weerloosheid van vroue teen misdaad, dood en ouderdom, die geborgenheid wat ’n huis kan bied en die sosiale werklikhede van ons tyd. Die hele bundel staan in die gees van die motto, ’n aanhaling van Erica Jong, “Since flesh can’t stay, we pass the words along”. Die oorlewer van woorde van een geslag na die volgende in verskillende vorme kom ter sprake: benoeming, naamgewing, vertelling, liedjies en rympies, instruksies soos resepte en breipatrone (“in skilferdeeg toegevou”, gewone, alledaagse kommunikasie (“telefoonboekie”) en hiperteks. Naas verwondering oor die vermoë van taal, is daar ook verse oor die beperkinge en verlies van taal (“afasie”), en die taal van verlies (“terwyl ek besig was”). In verse soos “Quinera” en “karoo-narratief” word getoon hoe taal herinnering en kultuurgoedere bestendig. In die derde afdeling “muur”, word eietydse kommunikasiewyses met selfone, die internet en foto’s aangeraak, en in afdeling IV, “versin”, word die leser bewus gemaak van die mag van woorde om ook dit wat nie werklik bestaan nie, te kan oproep.

 

 

 

Uitgewer: Protea Boekhuis

ISBN: 9781869198077

​

​

RESENSIES EN ONDERHOUDE

​

Versindaba onderhoud met Amanda Lourens

Resensies

Stilet-artikel oor bundel

​

"Ek het die bundel in die afwesigheid van sin een van die sterkste bundels gevind wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het – ‘n meesterlike debuut. Die gedigte het waarskynlik oor ‘n lang periode ontstaan, is weldeurdag, deeglik afgerond en ‘n seleksie wat spreek van ‘n deeglike keurproses is uiteindelik gemaak."
 

MARLIES TALJARD, VERSINDABA, 26/11/2012

"Smith het met hierdie verse watermerke op papier én in die Afrikaanse digkuns gelaat—waar daar weglatings was, het sy met woord- en sinfilamente troostaal geweef: tas- en leesbaar."
 

MARTHINUS BEUKES, TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE, 50:2 2013

  

"Ek sal die hooftematiek van hierdie debuutbundel só omskryf: Die uiteenlopende prosesse van tekens maak (en dus betekenisskepping) deur die mens, en die geweldige tentatiwiteit hiervan in die alomteenwoordigheid van die slopingsprosesse inherent aan bestaan."

 

CHARL-PIERRE NAUDE, DIE BURGER, 23/01/2013

"In die afwesigheid van sin is ’n deurdinkte, deurgekomponeerde, afgeronde bundel met knap gedigte in die vryeversvorm waarin eenheid van beelding een van die deugde is. Die hand van ’n gesoute letterkundige is sigbaar, soos ook blyk uit die baie motto’s wat die bundel se literariteit versterk. [...]
 
'n Mens is dankbaar dat die grense tussen skeppende skryfwerk en die beoefening van formele letterkunde deur akademici vervaag het. Gesoute letterkundiges soos Smith speel ’n belangrike rol in ons verwikkelde literêre kultuur."
 

JOHANN LODEWYK MARAIS, RAPPORT, 02/03/2013

"Die gebruik van ritme, musikaliteit en metaforiek gee aan die bundel ’n sterk vroulike karakter. Die taalgebruik is liries, byvoorbeeld in die gedig ‘ou huis’ en groot klem word op klank geplaas – wat natuurlik ook inskakel by die tema van die bundel. Uiteindelik is dit hierdie vroulike kwaliteit van die bundel wat dit, na my mening, so suksesvol maak."

 

NELBA VERCUIL, LITERATOR, 34(1) 2013

Opgeneem in Bloemlesings

2020. Agter Maskers

2020. Vers en Vrou. Saamgestel deur Karen de Wet. Human & Rousseau

2017 .Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte. Saamgestel deur Cas Vos. Lux Verbi.  

2013. Piekfyn Afrikaans, Leesboek, Graad 5, Huistaal. Kaapstad: NB Boeke.

2013. Piekfyn Afrikaans Gr 4. Leesboek, Huistaal. Kaapstad: NB Boeke.

2013. Via Afrika Afrikaans Huistaal Gr 9 Leesboek. Kaapstad: Via Afrika Publishers.

2013. Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Gr 7 Leerderboek. Kaapstad: Via Afrika Publishers.

2011 De Onbestemmelingen, Uitgeverij Kontrast

2011 Vonk@Verse 1, NB-Uitgewers

2011 Vonk@Verse 2, NB-Uitgewers

2008 Groot Verseboek, Deel 3, Tafelberg-Uitgewers

2008 Versjoernaal, Best Books, NB-Uitgewers

2007 Pret met Poësie, Best Books, NB-Uitgewers

2001 Raamwerk 11 & 12, Maskew Miller Longman

2001 Versreise, Tafelberg-Uitgewers

2000 Groot Verseboek, Tafelberg-Uitgewers

1997 Nuwe Stemme 1, Tafelberg-Uitgewers

 

  

 

  
bottom of page