Van oog tot oog
Van oog tot oog. 'n Nabygesprek met die Kaapse Bontrokkie. 'n Krag, 'n potensialiteit. 'n Woordelose verstaan en nederigheid genoeg van nieverstaan. 'n Moment waarin my aksies as mens deelneem. Dis 'n wyfie, lees ek later, en hulle verhoudings met mekaar is langtermyn. Toe sy uit my hande vlieg met 'n tjirp op haar lippe, wil ek my verbeel, in my menslike beperkte denke, was sy bly.
Alles aan haar en in haar lewe het reeds bestaan, lank voor ek van haar geweet het. Daardie lewe gaan voort, ongeag my eie bestaan en wete, daar is 'n stabiliteit, nog steeds, wat ten spyte van alles wat in hierdie wêreld gebeur, gerusstelling gee.
David Abram sê:
"Direct, prereflective perception is inherently synaesthetic, participatory, and animistic, disclosing the things and elements that surround us not as inert objects but as expressive subjects, entities, powers, potencies. And yet most of us seem, today, very far from such experience. Trees rarely, if ever, speak to us; animals no longer approach us as emissaries from alien zones of intelligence; the sun and the moon no longer draw prayers from us but seem to arc blindly across the sky."
Comments